Nie Net 'n
Gewone Liefdesverhaal Nie
Ons storie begin nie in ’n koffiewinkel of by ’n braai nie… dit begin op social media, Ja regtig. ’n Follow hier, ’n boodskap daar, en voor ons kon sê “awkward first date”, was ons besig om ure lank te chat asof ons mekaar al jare ken.
Toe besluit Ruan ’n skerm is nie genoeg nie en hy kom koffie drink. Wat bedoel was om ’n vinnige koffie te wees, het verander in ure se lag, gesels en daai “okay maar hierdie voel anders” gevoel. Van daardie dag af het ons net geweet, hierdie is iets spesiaal.
Op 5 Julie 2019 vra Ruan vir Marnell om sy meisie te wees. En natuurlik het sy ja gesê (Beste besluit ook, net terloops.) Van daar af het ons saam gegroei, saam gebid, saam gebou en saam planne gemaak vir ’n toekoms wat groter is as onsself. Ons verhouding is nie net gebou op liefde nie, maar op vriendskap, geloof en die wete dat God regtig ons paaie gekruis het op presies die regte tyd.
En toe kom 30 November 2024. Op die mooiste, mees betekenisvolle plek, Marnell se oorlede Oupa se plaas, Droogesloot, het Ruan haar gevra om met hom te trou. Dit was emosioneel, dit was heilig, dit was perfek. Om “ja” te sê op ’n plek vol herinneringe en nalatenskap het dit net nóg meer spesiaal gemaak. Dit het gevoel soos ’n sirkel wat mooi toe kom… en ’n nuwe een wat begin.
Van ’n “follow” op social media… tot “ek kies jou vir altyd.”
God het ons storie begin, en Hy gaan dit ook dra.
En hierdie is net die begin van ons grootste avontuur nog.
"Ek het hom gevind vir wie my siel liefhet."
Hooglied 3:4
Ons Eerste Voorbeelde Van Liefde
Marnell Se Ouers
Anna- Mart En Cornell De Lange
In 1990 het ek nie geweet daai een man met die biltong gaan my hele lewe verander nie. Ons was altwee cops on duty, Cornell het baie vinnig vergeet van werk doen toe hy my sien. Skielik bring hy vir my biltong… en ek het geweet hierdie man soek nie net geselskap nie, hy soek bietjie aandag. Maar ek moet erken… dit het gewerk. Toe vra hy my om saam chopper te vlieg. Nou kyk, wie sê nee vir dit? Ek meen, dis nie elke dag wat iemand jou probeer impress met ’n helikopter rut nie. Die volgende week gaan eet ons middagete saam, drink lekker wyn, lag, flirt en ek dink dis daai dag wat ek geweet het: hierdie man gaan moeilikheid wees… maar my tipe moeilikheid. En toe? 9 maande later was Waldo gebore. Ons het definitief nie tyd gemors nie. En omdat ek nog nooit een was om te wag vir iemand anders om dinge te doen nie… het ek sommer self vir Cornell gevra om te trou. Ek meen, hoekom rond sit en wag? Toe trou ons op 30 Julie 1993. En van daar af het ons lewe net voller en mooier geraak. In 1996 is Ricco gebore, en in 2001 het ons laaste klein skattie, Marnell, gekom. Selfs ons honeymoon was nie normaal nie… want Waldo was saam. Nie honeymoon nie family moon. Maar as ek terugkyk, sou ek niks verander nie. Nie die chaos nie. Nie die harde tye nie. Nie die lag nie. Nie eens die family moon nie. Want deur alles het ons mekaar gehad. 33 jaar later kyk ek na ons lewe en ek sien net God se genade. 3 ongelooflike kinders. 3 pragtige kleinkinders, Delané, Francios en Zion en natuurlik, die drie beste skoonkinders wat enige ouers kon voor vra. Karien, Bernelee en Ruan. En die mooiste deel van alles? Na al die jare… kies ons mekaar steeds. Elke oggend. Elke storm. Elke lag. Elke moeilike tyd. Oor en oor. Van biltong en chopper rides… tot ’n liefde wat steeds huis voel.
Ruan Se Ouers
Johanna & Andries Hefer
Daar was eens, in die jaar 1990, ’n jong matriekmeisie met sagte oë en groot drome in haar hart. Sy het nog nie geweet dat een eenvoudige aand haar hele lewe sou verander nie. Aan die ander kant was daar ’n jong man met ’n vriendelike glimlag en ’n hart wat op die regte persoon gewag het al het hy dit self nog nie besef nie. Twee skoonsusters het besluit dat hierdie twee vreemdelinge saam na ’n dans moes gaan. Net ’n blind date, niks meer nie… of so het almal gedink. Maar soms begin die mooiste liefdesverhale op die mees gewone maniere. Daardie aand, tussen die musiek, die ligte en die opgewondenheid van jongmense op die dansvloer, het iets stil en besonders gebeur. Hulle het gepraat, gelag en mekaar leer ken, en sonder dat hulle dit besef het, het twee harte reeds begin nader beweeg. Toe die aand tot ’n einde kom, het hy haar vroeg huistoe geneem, want die volgende oggend moes hy saam met vriende en sy ma Suidkus toe vertrek vir ’n vakansie. Sy was eintlik bly daaroor, want sy het griep gehad en nie goed gevoel nie. Maar daar langs die see, met die warm son en die geluid van branders, was sy hart nie regtig op vakansie nie. Sy gedagtes het telkens teruggedwaal na die mooi meisie wat hy skaars geken het, maar reeds nie kon vergeet nie. Elke dag het die verlange groter geword, totdat hy eenvoudig nie meer langer kon wag nie. En so het hy vroeër terug huis toe gegaan. Op vakansie het hy foto’s geneem en besluit om die film vir haar broer Frikkie’n fotograaf te neem om te ontwikkel. Maar diep in sy hart het hy geweet die foto’s was eintlik net ’n rede om haar weer te sien. Toe hy by die huis aankom en sy aan die deur verskyn, het die wêreld vir ’n oomblik stil geraak. Daar staan sy. Met eksamenboeke en drome. Met vriendelike oë en ’n sagte glimlag. En daar staan hy skielik senuweeagtig soos iemand wat reeds geweet het sy lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Sy het hom ingenooi, koffie gemaak, en hulle het gesels asof hulle harte mekaar lankal ken. Voor hy vertrek het, het hy haar gevra of sy saam met hom na ’n rockshow sou gaan. En met een klein woordjie “ja” het sy die deur oopgemaak na ’n liefdesverhaal wat meer as drie dekades sou hou. Hulle het verlief geraak op die mooiste manier: stadig, eg, sonder voorgee. Hulle liefde het gegroei deur laatnaggesprekke, saam lag, saam droom en die wonderlike ontdekking dat hulle mekaar se tuiste geword het. Binne ’n jaar het hulle getrou. Nie omdat hulle alles van die lewe geweet het nie maar omdat hulle geweet het hulle wil elke deel daarvan saam beleef. Met die jare is hulle liefde geseën met drie wonderlike kinders: Timothy, Marijke en Ruan drie kosbare hoofstukke in hulle verhaal. En soos in elke ware liefdesverhaal was daar ook moeilike tye, storms en seisoene van groei. Maar deur alles het hulle hande nooit heeltemal losgeraak nie. Elke jaar, op hulle huweliksherdenking, gaan hulle steeds saam weg vir ’n naweek asof hulle weer daardie jong paartjie van 1990 is wat pas ontdek het hoe dit voel wanneer twee harte mekaar vind. Want hulle het geleer dat ware liefde nie net in groot romantiese oomblikke leef nie. Dit leef in die klein dinge: in saam koffie drink, in die manier waarop hy steeds na haar kyk, in stiltes wat veilig voel, in vergewe, in aanhou kies, in nooit ophou liefhê nie. En ná 34 jaar is hulle verhaal nog nie klaar geskryf nie. Want sommige liefdes is nie net vir ’n seisoen bedoel nie. Sommige liefdes word deur God se hand geskryf stadig, mooi, en vir altyd.
Dhane
Dippenaar
Hanre
Claasen
Strooijonker
Strooijonker
Die Klein Gevolg
Francois
de Lange
Delané
de Lange
Ring Sekuriteit
Something Blue
Timothy Hefer
Die Bruidegom se Gevolg
Waldo de Lange
Hoof Strooijonker
Hoof Strooijonker
Ricco de Lange
Hoof Strooijonker
Kelly
Dirane
Strooijonker
Bruidsjonker
Abigail
Pryce
Jeniffer
Ellis
Bruidsjonker
Karien de Lange
Erebruidsjonker
Marijke
Hefer
Die Trou Gevolg
Ons is ongelooflik vereer om ons naaste vriende en familie langs ons te hê terwyl ons saam hierdie nuwe lewe as een begin.
Die Bruid se Gevolg
Bernelee de Lange
Erebruidsjonker
Simoré
Hefer
Ivandré
Hefer
Blomme Meisie
Ring Sekuriteit
Zion
de lange
Sekuriteit in opleiding
Edward-Claude
Hefer
Ring Sekuriteit
Marijke
Hefer
Abigail
Pry
Bruidsjonker
Bruidsjonker
Strooijonker
Bruidsjonker
Geskenkregister
Terwyl ons hierdie nuwe hoofstuk saam begin, is ons dankbaar om reeds ’n huis te hê wat gevul is met liefde en al die noodsaaklikhede. As jy ons graag met ’n geskenk wil eer, sal ’n bydrae tot ons wittebrood vir ons werklik baie beteken.
Vang die Oomblikke Saam Met Ons Vas
Ons sal dit baie waardeer om die oomblikke te sien wat jy deur ons troudag vasvang.
Skandeer asseblief die QR-kode hieronder om jou foto’s op te laai.
.jpg)
.jpg)
.jpg)